DIT IS ONS DOEL OM... ...'n Geestelike familie te wees waar mense veilig en geliefd is. ...Seker te maak dat die Woord van God as die finale outoriteit in elke gelowige se lewe is. ...Ons families en gemeenskap te impakteer. ...Die mandaat van die Evangelie suksesvol te oorhandig aan die volgende generasie. ...Dissipels te maak wat in staat is om weer dissipels te kan maak.
DIT IS ONS DOEL OM...
...'n Geestelike familie te skep waar mense veilig en geliefd is.
...Seker te maak dat die Woord van God as die finale outoriteit in elke gelowige se lewe is.
...Ons families en gemeenskap te impakteer.
...Die mandaat van die Evangelie suksesvol te oorhandig aan die volgende generasie.
...Dissipels te maak wat in staat is om weer dissipels te kan maak.
Ons bestaan om God te eer deur Christus-gesentreerde, Gees-bekragtigde, sosiaal verantwoordelike kerke & kampus bedieninge in elke nasie te vestig.
Ons bestaan om God te eer deur Christus-gesentreerde, Gees-bekragtigde, sosiaal verantwoordelike kerke & kampus bedieninge in elke nasie te vestig.
Heerskappy Evangelisasie Dissipelskap Leierskap Familie
Heerskappy Evangelisasie Dissipelskap Leierskap Familie
Jy word uitgenooi!
Geliefde,
Ons is so bly dat jy by ons kom inloer! Ons glo dat niemand per toeval hier beland nie — God het ’n plan vir elkeen van ons, en Hy bring mense bymekaar met ’n doel.
By Every Nation Anker is ons ’n geestelike familie waar jy kan behoort, groei, en saam met ander die Here kan dien. Ons passie is om God te eer deur Hom te aanbid, Sy Woord te leer, en Sy liefde prakties uit te leef in ons gemeenskap. Of jy nou al lank die Here dien, of nog besig is om jou identiteit in Christus te vind — jy is welkom hier! Ons wil jou leer ken, saam met jou lag, saam met jou bid, en saam met jou 'n pad stap.
Kom skakel in by ons Oggenddiens, en ontdek hoe mooi en lewendig die familie van God is.